Beschreibung:
Wat maak jy as jy veertien is, jou ma jou mal maak, jy probleme met die skoolhoof optel en jy moet kyk hoe die lig in jou eie broer se oë kwyn? Wat maak jy nou eintlik as jy 'n ster sien verskiet? Jy kan jou asem ophou, jy kan weghardloop, of . . . Jy kan dit waag om te wens.
Riekie Taylor is tydelik uit die skool geskors nadat sy haar hare swart ge-dye het en boonop gevang is dagga rook. Maar dis nie al moeilikheid wat sy het nie: na haar broer se dood drink haar ma weer te veel, en is haar pa se enigste bydrae die maandelikse onderhoudstjek wat hy van iewers in Kaapstad aan Riekie-hulle op Graaff-Reinet pos. Riekie besluit om haar pa in die Kaap te gaan soek