Louisa du Toit Omnibus 7
- 0 %
Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Louisa du Toit Omnibus 7

Sofort lieferbar | Lieferzeit: Sofort lieferbar I
ISBN-13:
9780624057901
Veröffentl:
2013
Seiten:
512
Autor:
Louisa Du Toit
Serie:
7, Louisa du Toit-omnibus
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
Reflowable
Kopierschutz:
Adobe DRM [Hard-DRM]
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung:

In Talmende tuiskoms verlaat Irma die huis om van haar onhoudbare stiefma, Matilda, weg te kom. Dan ontvang sy een oggend op kantoor 'n oproep wat so ernstig is dat sy geen ander keuse het as om na haar ouerhuis terug te keer nie . . . in veel moeiliker omstandighede as toe sy daar weg is. In Liefie besluit Liefie Hugo, ná die dood van haar moeder, om haar lewe te wy aan die grootmaak van haar suster en broers. Deur die jare moet sy ook sorg dat hul kleinhoewe nie ten gronde gaan nie. Dan breek die dag egter aan dat die ou bestel begin wankel . . . En in Waar is die kleure heen? stel Meyer Bronkhorst ná Laura se verraad, boonop met sy eie broer Piet, nie meer in vroue belang nie. Hy wy sy lewe aan sy eksentrieke ma by wie hy inwoon, en ook aan sy statusbewuste suster met haar gesin. Maar dan daag ’n vreemdeling onverwags op Sederburg op . . .
Talmende tuiskomsToe Irma de Wet die huis verlaat om van haar onhoudbare stiefma Matilda weg te kom, het sy nie gedink dat enigiets haar ooit terug sal laat keer nie. Sy is immers nou tuis in Johannesburg, het ’n goeie werk en eie woonstel en is verloof aan ’n man op wie sy baie verlief is. Sy probeer nie te veel dink aan haar pa en stiefsussie Tillie wat dit nog op die plaas met Matilda moet uithou nie. Dan, egter, is daar een oggend op kantoor ’n oproep wat al haar opgeboude sekerhede omverwerp. Dis Deon wat bel . . . daar het iets gebeur, en dis so ernstig dat hy dadelik ry om haar te kom haal. Min kon Irma weet dat die terugkeer nie gou sou wees nie, en dan onder veel ander omstandighede.LiefieNá die dood van haar moeder, wat reeds etlike jare weduwee was, besluit die twintigjarige Liefie Hugo om haar lewe te wy aan die grootmaak van die drie jongeres: Sjimmie, Lettie en Laurie. Sy gee hulle kleinhoewe vlak buite die dorp die naam Die Drie, en kry ’n padstal aan die gang om die begroting te laat klop. Deur die jare word sy die onwrikbare steunpilaar van haar suster en broers. Soos hulle volwasse raak en pynlike probleme op die lyf loop, probeer sy hulle daarteen beskerm. Dan breek die dag aan dat die ou bestel begin wankel. Sal hulle die storms oorleef, en sal een of meer van hulle ooit werklik geluk vind?Waar is die kleure heen?“Die lewe . . . soms is alles so mooi. Net reg. Tot jy op ’n dag ontwaak en wonder: waar is die kleure heen?” Hierdie vraag teister nie net vir Fiona Collins nie, maar ook vir Meyer Bronkhorst en vir Laura. Sedert die verraad van Laura en sy broer Piet, het Meyer nog nooit weer in ’n vrou belang gestel nie. Hy wy sy lewe aan sy eksentrieke ma by wie hy inwoon, en ook aan sy statusbewuste suster met haar gesin. Maar slegs een ding in die lewe is seker: dat niks ooit dieselfde bly nie. Nie vir Fiona, vir Laura of Meyer, ook nie vir die vreemdeling wat onverwags op Sederburg opdaag nie. Die leser raak intens betrokke by die wel en wee van ’n aantal mense op die skynbaar vreedsame dorpie.

Kunden Rezensionen

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.