Die Poort 4: Krygers
- 0 %
Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Die Poort 4: Krygers

Sofort lieferbar | Lieferzeit: Sofort lieferbar I
ISBN-13:
9780624077572
Veröffentl:
2017
Seiten:
168
Autor:
Nelia Engelbrecht
Serie:
4, Die Poort
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
Reflowable
Kopierschutz:
Adobe DRM [Hard-DRM]
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung:

In boek vier van die Poort-reeks moet Kali nie net haar vriende lei in die aanslag teen Chanda-Mundia en sy volgelinge nie, maar moet sy ook moeilike keuses maak. Moet sy haar verantwoordelikhede as Bewaker steeds bo die liefde stel? As sy die liefde kies, wie sal dit wees? Leonardo, wat net soos sy, ook ’n Bewaker is? Of Zak, wat buite die Bewaker-kring staan? Te midde van alles ontdek Kali dat oorwinning teen ʼn prys kom wat haar kan vernietig.
“Jy het dalk hierdie geveg gewen, Kali van Gaia, maar die oorlog is nog lank nie verby nie. Solank ons vir Zak het, het ek mag oor jou.” Hy kyk minagtend na Leonardo. “Julle emosies is julle swakheid; julle ondergang.”Ek leun vooroor en pers spikkels dans voor my oë. ’n Tikkie vrees flits vir ’n oomblik oor Chanda-Mundia se gesig. Ek knip my oë en die pers verdwyn. “Om vir mekaar om te gee, maak ons sterk, nie swak nie. En glo my, daar is nie ’n plek in die heelal wat ek nie sal omkeer om vir Zak te kry nie.”Die Nuweling-Bewakers het die Internasionale Raad erg ontstel met hulle onvermoë om hulle Kragte en Magte te beheer, daarom bevind hulle hulle nou in Ierland. Maar Wicklow-kasteel is meer as net ’n opleidingsentrum – dis ook ’n gesofistikeerde beheersentrum wat al die Poorte op aarde monitor. Wanneer Kali ’n onwelkome gas in die kasteel toelaat, ontketen dit ’n reaksie wat die Ander die mag kan gee waarna hulle smag, en Kali se Bewakerkring vir altyd kan vernietig.

Kunden Rezensionen

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.