Elders
- 0 %
Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Elders

Sofort lieferbar | Lieferzeit: Sofort lieferbar I
ISBN-13:
9780795801365
Veröffentl:
2017
Seiten:
336
Autor:
Erns Grundling
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
Reflowable
Kopierschutz:
Adobe DRM [Hard-DRM]
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung:

Aan die begin van 2015 was bekroonde Weg!-joernalis Erns Grundling oorwerk, oorstuur, oorgewig, beseer – en pas gediagnoseer met slaapapnee. Vanselfsprekend was ál ding om te doen om die ellelange Camino-staptog in Spanje aan te pak – g’n selfoon, g’n makkers, net dapper en stapper. Kom stap saam!
In Mei 2015 reis Weg-joernalis Erns Grundling na Europa om die Camino Francés, die bekende en gewilde pelgrimstog in Spanje, op sy eie te gaan stap. Hy is onvoorbereid, oorgewig, beseer en onfiks. Daarby is hy volledig ontnugter deur homself, die liefde en die lewe self. Hy klim ook op die vliegtuig met ’n dringende Weg-artikel wat eers móét klaar voor hy met sy swaar rugsak in die pad mag val. Elders vertel die verhaal van Erns se staptog van een duisend vyf en twintig kilometer oor veertig dae, wat hy sonder ’n selfoon, kamera of horlosie aangepak het. In ’n tyd wat ons almal toenemend onder beleg voel weens die onmiddellikheid van selfone en sosiale media, ontdek hy die ware betekenis en beloning van om in die oomblik te leef. Hy raak meer as een keer verlief, loop sy doppelgänger raak, beleef ’n reeks avonture en ontmoet kleurryke karakters, skud meer as tien kilogram af en kom tot waardevolle nuwe insigte langs hierdie eeue oue roete van innerlike transformasie. Hierdie is ’n ongewone boek – ’n reisverhaal en memoir wat behalwe vir ’n fisieke avontuur ook ’n deernisvolle blik bied op die ewe kosbare binnereis. Erns het juis gaan stap om weg te kom van skryf. Eers met sy terugkoms sou hy besef hy het ’n storie om te vertel.

Kunden Rezensionen

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.