Liefde is vir altyd
- 0 %
Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Liefde is vir altyd

Sofort lieferbar | Lieferzeit: Sofort lieferbar I
ISBN-13:
9780796316806
Veröffentl:
2013
Seiten:
288
Autor:
Daniël Johannes Louw
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
Reflowable
Kopierschutz:
Adobe DRM [Hard-DRM]
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung:

Wie verwonderd staan voor die voorreg om sinvol op ’n menswaardige wyse saam te leef en hulle daarop toelê om die liefdeskuns te bemeester, kan die sleutel tot liefdesvreugde ontdek. Geliefdes kan mekaar verryk, verhoudings kan groei en verslete huwelike kan weer nuut raak. Dít is waaroor hierdie “verhoudingspadkaart” en “huweliksgids” gaan.
Verloofdes wat gaan trou, kan dit in hul wittebroodtasse pak. Mense wat ’n permanente verbintenis aan mekaar gesweer het en opreg bedoel om toegewy aan mekaar te lewe, kan die boek gebruik om mekaar se lewens te verryk. Selfs ná veertig of vyftig getroude jare kan ’n mens met so ’n boek weer die liefdesvlam hoog blaas en opgewonde raak oor nuwe moontlikhede vir die bou van verhoudings.Miskien voel jy soms onseker oor jouself en jy wonder of jou verhouding ooit gaan uitwerk. Dalk het jy indringende vrae oor seks en seksualiteit of selfs oor die aard van die liefde. Jy is dalk skepties oor jou maat se motiewe . . . Die Bybel wil mense se lewens verryk anderkant die begrensings van menslike potensiaal en kultuur. Die huwelik is ’n kuns van liefde en ’n guns van Gods genade. Wie ons in Christus is, en hoe ons dit aanwend om tot volwassenheid te groei en die lewe mooi en heel te maak, te bemagtig en te verryk – dít is wat liefde vir altyd laat voortleef.

Kunden Rezensionen

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.