Der Artikel ist weiterhin als ^^OTHERCONDITION^^ verfügbar.
Autor: Cheréne Pienaar
ISBN-13: 9780796318039
Einband: Ebook
Seiten: 152
Sprache: Afrikaans
eBook Typ: Adobe Digital Editions
Kopierschutz: Adobe DRM [Hard-DRM]
Systemvoraussetzungen
Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Ctrl Z my lewe

Geben Sie Ihre Bewertung ab!  
Wir verlosen jeden Monat unter allen freigegebenen Rezensionen
3 Gutscheine im Wert von 20 Euro. Teilnahmebedingungen
Noudat Lucky se ma weer OK is, weet sy skielik nie wat sy met haarself moet aanvang nie. Dan kry sy ’n Whatsapp-boodskap van haar pa wat sy skaars ken. Hy nooi haar na Barcelona en Lucky pak ’n rugsak, los haar ma en sussie in Bloem en gaan …
Barcelona bekoor haar. Maar nes sy gedink het sy en haar pa vind mekaar, kom sy agter: hy jok vir haar. Wat steek André van der Veen agter ’n HTML-gids en ’n ry boeke in sy studeerkamer weg?
Lucky moet vlug – weg van die berugte El Joc . . . Maar waarheen gaan jy as jy nêrens het om heen te gaan nie? Daar is net een plek waaraan sy kan dink: Berg Tibidabo.
Lucky (oftewel Carla van der Veen) het pas matriek klaargemaak. Haar missie die afgelope twee jaar was om na haar sussie om te sien terwyl haar ma haar drankprobleem probeer uitsorteer. Noudat die huis se geldsake weer klop en haar ma weer OK is, weet Lucky skielik nie wat volgende nie. ’n Antwoord kom in die vorm van ’n Whatsapp-boodskap van haar vervreemde pa wat haar na Barcelona nooi . . . In Barcelona stoei Lucky met gemengde gevoelens oor die stad en haar pa. Sy moet leer dat daar altyd twee kante aan ’n verhaal is, dat alle mense foute het, dat sy maar vir hulp mag vra en wat dit beteken om werklik te vertrou.
Spanning bou op as sy besef haar pa is moontlik by die onderwêreld betrokke. Uiteindelik moet Lucky saam met die prostituut Monica vir haar lewe vlug - na berg Tibidabo waar sy ’n sendingpaar ontmoet. Hier ontdek sy dan ook wat werklike Vaderskap beteken.

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.

 

Rezensionen

Autor: Cheréne Pienaar
ISBN-13 :: 9780796318039
ISBN: 0796318034
Verlag: Lux Verbi
Seiten: 152
Sprache: Afrikaans
Auflage 1
Sonstiges: Ebook