Wanneer water wyn word
- 0 %
Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Wanneer water wyn word

Sofort lieferbar | Lieferzeit: Sofort lieferbar I
ISBN-13:
9780796321893
Veröffentl:
2019
Seiten:
208
Autor:
Vivian Kleynhans
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
Reflowable
Kopierschutz:
Adobe DRM [Hard-DRM]
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung:

Vivian Brutus moes verskeie kere haar lewe oorbou: op 16-jarige ouderdom toe haar pa sy werk verloor, en hulle uit hul huis gesit word. Toe haar man John haar mishandel. Sy laat haar egter nie onderkry nie en loop uit die huwelik uit. Sy het 'n kop vir besigheid, en nadat sy onder andere gewerk het as 'n huisagent, 'n makelaar en 'n personeelagent, besluit sy om haar eie wynetiket te maak. Vivian se verhaal is een van hoop, passie en deursettingsvermoë, en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.
Toe Vivian Brutus op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel waar sy uithelp se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander - haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit en sy en ses sussies en 'n boetie word uitgedeel aan die famlie in Vredenburg. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk wat sy noodgedwonge moes neem in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin 'n huis in Vredenburg te kry, maar min weet sy die huis het 'n prys. So word Vivian uiteindelik vervreem van haar familie en verval sy in 'n spiraal van mishandeling. Sy laat haar egter nie onderkry nie. Sy besluit eendag dat sy genoeg gehad het, en loop uit die huwelik uit. Vivian begin haar lewe weer van voor af bou. Sy het 'n kop vir besigheid, en nadat sy onder andere gewerk het as 'n huisagent, 'n makelaar en 'n personeelagent, besluit sy om haar eie besigheid te begin. Sy begin haar eie wynetiket. Nou, jare later, het sy haar eerste oes afgehaal en die wyn word na die VSA uitgevoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie en deursettingsvermoë, en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.

Kunden Rezensionen

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.