Die aanspraak van lewende wesens
- 0 %
Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Die aanspraak van lewende wesens

Sofort lieferbar | Lieferzeit: Sofort lieferbar I
ISBN-13:
9780798158527
Veröffentl:
2012
Seiten:
356
Autor:
Ingrid Winterbach
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
Reflowable
Kopierschutz:
Adobe DRM [Hard-DRM]
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung:

Hierdie bekroonde skrywer se nuwe roman was die wenner van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2012, en bied ’n priemende blik op twee parallelle reise: ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en ’n suster se ondergang. Die verhaallyne vloei saam op ’n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad. Komies, hartroerend, meditatief, verruimend!
Wenner van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2012:Komies, hartroerend, meditatief, verruimend! Hierdie kick-ass roman bied ’n priemende blik op twee parallelle reise: ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en ’n suster se ondergang.Na ’n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl – heavy-metal-fan de luxe – se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies lelik kniehalter. Maria Volschenk word op ’n dag oorval deur ’n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op ’n sending waarteen sy lankal opsien, in ’n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op ’n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad, waar die broer, Ignatius Hofmeyr, in ’n bitter tweestryd met die onpeilbare Brandt-kêrel gewikkel is. Die beoordelaars se lof:“Die roman se krag is geleë in die digte tekstuur ... [dit] bereik ’n uitsonderlike kompleksiteit.” – Louise Viljoen“… die opwindendste taalgebruik: skreeusnaaks soms, altyd raak, altyd gepas vir die aard van die prosa. – Willie Burger“Wat mens bybly, is die uitreik na die boweaardse, die worsteling om nuwe dimensies van die gees. ’n Roman wat ’n durende verwysingspunt in die Afrikaanse letterkunde kan wees. – Linda Rode

Kunden Rezensionen

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.