Stoffel op safari
- 0 %
Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Stoffel op safari

Sofort lieferbar | Lieferzeit: Sofort lieferbar I
ISBN-13:
9780798158824
Veröffentl:
2012
Seiten:
160
Autor:
Christiaan Bakkes
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
Reflowable
Kopierschutz:
Adobe DRM [Hard-DRM]
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung:

Die sesde boek in die Stoffel-reeks sluit weer eens ’n veelheid fasette van Bakkes se lewe in die wildernis van die Kaokoveld en Damaraland in. Daar is die stories van gewone mense sowel as skatryk safarikliënte, soldateverhale, ’n eenmanrebellie, renosterstropery. Insigryke verhale – oorwoë en met humor, eerlik en onopgesmuk. ’n Meesterverteller.
Vertelkuns soos dié van Christiaan Bakkes is skaars in Afrikaans. Sy nuutste bundel – reeds die sesde in die Stoffel-reeks – omvat weer eens ’n veelheid fasette van sy lewe in die wildernis van die Kaokoveld en Damaraland.  Daar is boeiende diereverhale en hartverskeurende hondeverhale. Daar is die stories van gewone mense sowel as skatryk safarikliënte. Daar is soldateverhale en ’n eenmanrebellie. Daar is boeke, musiek en stukkies geskiedenis uit Afrika, Amerika en Europa. Daar is die navorsingswerk van sy vrou Nina en die avonture van sekerlik die dapperste Jack Russell ooit, Tier met die tien lewens.Sedert die vorige Stoffel-bundel het veral een onderwerp in bewaringskringe op die voorgrond getree: renosterstropery. Bakkes spreek dit aan in drie verhale – insigryk, oorwoë én met humor.  ’n Verhaal soos “Grense” toon by uitstek hoe hierdie skrywer nie bloot reis- of avontuurvertellings weergee nie, maar dat sy werk transendeer na iets meer, na die diepere betekenis van die ragfyn netwerk van verbintenisse waaruit ons lewe op hierdie planeet bestaan.

Kunden Rezensionen

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.