Stoffel: die beste stories
- 0 %
Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Stoffel: die beste stories

Sofort lieferbar | Lieferzeit: Sofort lieferbar I
ISBN-13:
9780798171120
Veröffentl:
2015
Seiten:
368
Autor:
Christiaan Bakkes
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
Reflowable
Kopierschutz:
Adobe DRM [Hard-DRM]
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung:

Met Stoffel: die beste stories, bring Human & Rousseau Christiaan Bakkes se beste Afrikaanse verhale byeen in ’n nuwe bundel. Hier val die klem op Bakkes se “Stoffel”-stories: verhale waarin Bakkes as Stoffel Mathysen figureer, maar wat op ware gebeure gebaseer is. In sy kenmerkende styl verken Bakkes wildernisse en vlaktes met eerlikheid en humor.
Christiaan Bakkes word onthou as die man wie se arm deur ’n krokodil afgebyt is in die Krugerwildtuin. Dit was ’n waterskeiding in sy lewe. Hy was linkshandig en het sy linkerarm verloor. Tydens rehabilitasie moes hy met sy regterhand leer skryf, en uit daardie pogings is Afrikaans se enigste werklike wildernisskrywer gebore. Met sy eerste boek, Die lang pad van Stoffel Mathysen, het Bakkes die Stoffel-persona geskep vir die oorvertel van ware gebeurtenisse in sy lewe. Nou, met Stoffel: die beste stories, word Bakkes se gunstelingverhale in een band byeengebring, treffend aangevul deur ’n fotoseksie in kleur. In sy kenmerkend ongekunstelde en humoristiese styl vertel hy van sy eerste wilderniservarings as kind, van sy dienspligjare en van sy werk as safarigids in Namibië. Hy vertel stories van die veld, van berge en bosse – as reisiger deur Afrika, met ’n stem soos geen ander in Afrikaans.

Kunden Rezensionen

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.