Maestro
- 0 %
Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Maestro

'n Roman oor die vormingsjare van Gianlorenzo Bernini
Sofort lieferbar | Lieferzeit: Sofort lieferbar I
ISBN-13:
9780798173926
Veröffentl:
2016
Seiten:
480
Autor:
Marié Heese
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
Reflowable
Kopierschutz:
Adobe DRM [Hard-DRM]
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung:

Heese neem ons op ’n reis deur Bernini se grootwordjare en dan as volwassene tot hy in die huwelik tree, op die ouderdom van 41. Ons sien voor ons oë hoe lyk die daaglikse lewe in Rome van die 1600’s, hoe korrup is die Kerk en tog so toegeeflik teenoor sy kunstenaars, en hoe Gianlorenzo algaande sy stem as beeldhouer vind. Maestro is ’n roman vir ieder en elk wat hou van historiese fiksie – leesbaar én boeiend. En tegelyk ’n viering van kunstenaarskap en menswees.
Die beeldhouer en argitek Gianlorenzo Bernini is gebore in 1598. Hy was skaars tien toe beide sy pa en geledere uit die Vatikaan begin besef die jonge Bernini is geniaal – ’n kunstenaar wat in die voetspore van Michelangelo kan volg, of . . . selfs beter?Heese neem ons op ’n reis deur Bernini se lewe, vanaf sy grootwordjare totdat hy op die ouderdom van 41 in die huwelik tree. Deur sy sien ons die daaglikse lewe in Rome van die 1600’s, die Kerk wat tegelyk korrup en tog so toegeeflik teenoor sy kunstenaars is, en hoe Gianlorenzo algaande sy stem as beeldhouer vind. Bowenal sien ons hoe koorsagtig hy dít wat by hom spook, verbeeld – alles ter wille van die marmer, wat hy soos sagte vlees kan laat lyk.Maestro is ’n uitsonderlike geskiedkundige roman oor die geniale beeldhouer van die sewentiende eeu, eeue lank bykans vergete. En tegelyk is die boek ’n viering van kunstenaarskap en menswees. ​"Hierdie biografiese roman oor Bernini is soos die beeldhouwerk van ’n meester . . . daar is niks oorbodig nie; wat daar is, is sprekend en essensieel. Meer kan ’n mens nie van ’n boek vra nie.” – Deborah Steinmair

Kunden Rezensionen

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.